FEEDGROW Maatskappy en sisteem oorsig

Hierdie voer produksie kamer word bemark onder die naam FEEDGROW. Die sisteem is tegnies, biologies en fisies ge-optimaliseer vir n koste effektiewe produksie van groot hoeveelhede kwaliteit groenvoer vir diere in die kortste moontlike tyd. Die FEEDGROW sisteem is ‘n ekonomiese opsie wat die boer in staat stel om sy eie konstante hoeveelheid groen voer 365 dae ‘n jaar te produseer. ‘n Verdere pluspunt is dat seisoenspeling en klimaat geen invloed daarop het nie. Die FEEDGROW sisteem neem jou bekommernisse ten opsigte van droogtes, ryp, peste, plae en onkruidbeheer weg. Die ten volle ge-isoleerde FEEDGROW kamer bied jou ‘n beter voerproduk as wat jy tans vir jou diere voer, reg deur die jaar. “FARM IN A BOX”

‘n Voorafbepaalde hoeveelheid garssaad word gesaai op spesiale saadbakke en word dan besproei met voorafbepaalde intervalle deur ‘n oorhoofse besproeiingsisteem en klimaat gekontroleerd op die korrekte temperatuur vir die beste en optimale groei, ongeag van omgewingstoestande buite. Die sisteem het genoeg saad bakke om te verseker dat die boer ‘n konstante en bekende hoeveelheid garsspruite elke dag beskikbaar het.

Produksie vind plaas met voergraad garssaad wat binne 24uur ontkiem na saai. Die garssaad groei in dieselfde voer bakke vir 6 tot 7 dae wanneer hulle gereed is om ge-oes te word as ‘n garsspruitmat met ‘n hoogte van tot en met 130mm Die leë saadbakke word dan gespoel met skoon water, gehersaai met die regte hoeveelheid garssaad en weer op die saaikant van die stelsel ingestoot. Hierdie praktyk stel die boer instaat om 600kg, en selfs meer, garsspruite per dag te oes uit ‘n goed bestuurde en onderhoude FEEDGROW kamer.

Voedingswaarde (Nutrientwaarde)

FEEDGROW het elke groeistadium getoets vir voedingswaardes en bevind dat die hoogste voedingswaarde stadium op dag 6 is wanneer die garsspruite gereed is om ge-oes te word. In die evaluasie is bevind dat die garsspruite ‘n hoë protein en energie waarde het wat hoog genoeg is om aan die meeste diere se behoeftes te voldoen. Omdat garsgras die hoogste voedingswaarde van alle groen grasse het is die algemene gesondheid van diere meer opmerkbaar asook die volgende voordele:

  • Hoër energie en lewenskragtigheidsvlakke
  • Stimulering van die imune stelsel
  • Hoër antioksidant vlakke

Verder is bevind deur gekwalifiseerde instellings deur studies dat die waarde van garsspruite ‘n meer voordelige uitwerking op diere het as tradisionele voeraanvullings.

Tipiese FEEDGROW garsspruit voedingswaardes:

  • Minerale
  • Yster
  • Potassium
  • Magnesium
  • Fosfor
  • Swael
  • Boron
  • Koper
  • Kalsium
  • Mangaan
  • Zink
  • Nutriente
  • Ru Protiene
  • Vette
  • Ru Vesel
  • Stysel
  • Metaboliese Energie (herkouers)
  • Eenhede
  • mg/kg
  • %
  • %
  • %
  • %
  • mg/kg
  • mg/kg
  • %
  • mg/kg
  • mg/kg
  • Eenhede
  • %
  • %
  • %
  • %
  • MJ/kg
  • Resultate
  • 162
  • 0.76
  • 0.25
  • 0.47
  • 0.31
  • 21
  • 10
  • 0.14
  • 36
  • 41
  • Resultate
  • 20.4
  • 4.1
  • 11.4
  • 16.0
  • 12.5

Voordele van garsspruite:

Daar bestaan baie voordele in garsspruite wat organies gegroei word tot ‘n volmaakte groenvoer. Die garsspruite bevat ‘n groot hoeveelheid vitamiene en minerale en verander moeilik verteerbare stysels tot maklik verteerbare protiëne om ‘n hoë nutrient waarde aan diere te voorsien.

Voordele van die FEEDGROW sisteem:

  • Geen meer gewag vir reën en geskikte grondvogtoestande nie
  • Geen meer bewerking en duur hooimaakprosesse en voervoorbereiding nie
  • Spaar geld op voerkoste en beskerm diere teen ongediertes diefstal en elemente deur hulle te kraal en te voer.
  • Skakel bekommernisse t.o.v onkruid en plaagbeheer uit
  • Probleme met waterskaarste en lae reënval word uitgeskakel
  • Geen masjieneriekoste
  • Geen effek op voerkoste a.g.v. dieselprysverhogings

Optimum voordele:

  • Hoë produksie waarde
  • Lae energie koste
  • Probleem vrye bedryf en bestuur van FEEDGROW sisteem
  • Lae waterkoste en gebruik
  • Maklik om te onderhou
  • Verbeterde groei
  • Lae arbeids kostes

Beeste

Die hoeveelheid voer benodig vir beeste word bepaal deur die ras, ouderdom, raam en grootte van die dier. Die voordeel van die FEEDGROW sisteem is dat jy die regte hoeveelheid voer na gelang van jou behoeftes kan produseer, dit geld vir of jy bulle, verse en kalwers voorberei vir die mark of om hulle te laat oorleef en in produksie te hou gedurende ‘n droogte.

Voordele van FEEDGROW garsspruite:

  • Uitsonderlike groei
  • Verhoogde melk produksie en bottervet
  • Verbeterde voorkoms, gesondheid en kondisie
  • Beter vleiskwaliteit, kleur en tekstuur
  • Geen voervermorsing

Skaap

Die FEEDGROW siseem is uitstekend vir skaap, bokke, varke en meeste wildspesies. Die lae suurinhoud van die garsspruite maak die gebruik van die voer veilig vir alle bogenoemde spesies.

Waarnemings gemaak tydens gebruik van FEEDGROW garsspruite:

  • Bo-gemiddelde groei en ontwikkeling
  • Verhoogde melk produksie
  • Verbeterde algemene voorkoms en wol eienskappe
  • Verbeterde vleiskwaliteit, kleur en tekstuur
  • Hoë protein en energie verskaf deur ‘n klein hoeveelheid graan

Die voordele van FEEDGROW garsspruite:

Die hoeveelheid voer benodig deur skape word bepaal deur die ras, ouderdom en raam van die dier. Die voordele van die FEEDGROW stelsel is dat die hoeveelheid voer wat benodig word vir ‘n spesifieke kudde, kan geproduseer word. Meeste skaaprasse eet +- 2% van hulle liggaamsgewig in voer per dag. Geen beperkings word op ‘n ras geplaas aangesien daar geen gevaar van opblaas of blousuurvergiftiging is nie, soos dit die geval is met lusern weiding.

Perde

Die hoeveelheid garsspruite benodig deur ‘n perd word bepaal deur die grootte en werkslas van die perd. Deur garsspruite te voer kan ‘n totaal van 60% tot 100% van die perde se huidige dieet vervang word. Perde wat ‘n hoë stysel dieet benodig kan steeds hulle rantsoen onvang en die voer van garsspruite help met vertering en vinniger herstel na strawwe werk verrigting. Vir gesonde metabolisme moet ‘n perd 1.5% van sy gewig in droë voer inkry.

Bykomende voordele van FEEDGROW garsspruite:

  • Voorkoming van maagswere, laminitis, kompaksie (verstopping ) en koliek
  • Verkorte hersteltyd na harde werkverrigting
  • Uitsonderlike groei tempo van jaar oud vullens
  • Stimuleer aptyt in toestande van hitte uitputting
  • Verhoogde melkproduksie by merries
  • Help hidreer en vervang belangrike vloeistowwe wat verlore raak a.g.v. uitermatige sweet
  • Verskaf belangrike aminosure wat vroeë teling aanhelp