Basiese Feite

Wat ons Weet

Die mees algemene navrae vir FEEDGROW is van persone wat graag hul eie voer wil vervaardig. Van kleiner skaal tot meer gevorderde boerdery in Suid Afrika wil graag meer leer oor hoe hulle garsspruite tot voordeel kan aanwend.

Nooit word die FEEDGROW sisteem as uniek bemark nie. In teen deel gebruik boere in dele van Europa hierdie tegnologie al meer as 2 eeue. Hierdie is nie ‘n nuwe uitvindsel nie, maar, ons ontwerp en vakmanskap van die FEEDGROW sisteem het dit ontwikkel tot iets wat makliker en meer effektief is om te gebruik vir die produsering van garsspruite, teen ‘n lae koste.

Wat die Wetenskaplikes weet

Van die sleutel kenmerke van garsgraan is dat dit ‘n uitstekende bron van energie is wanneer gebruik word in die herkouer se dieet. In Suid Afrika is gars ook vrylik beskikbaar regdeur die jaar teen ‘n baie bekostigbare prys. Deur die gars te spruit, verhoog die voedingswaarde van die graan eintlik op ‘n droë materie basis. Wetenskap bewys dat sou ons graan oor ‘n tydperk van ses dae spruit, ons die droë stof, proteïen en vesel verhoog, en dit ook ander voordelige eienskappe inou.

Die belangrikste voordeel van spruitgraan en die geheim van die werklike voordele van ‘groen oor graan’ is die verhoogde vermoë om die voer te verteer sodra dit deur ‘n dier verbruik is.

Enige voedingsstrategie moet die vraag kan beantwoord: “Is dit die moeite werd?” Garssaade kan diere in goeie toestand hou. Onthou, dit is makliker om ‘n dier in goeie toestand te hou as om dit weer vet te kry wanneer dit in ‘n swak toestand was.